top of page

Kaalwoorde
Digkuns Kompetisie 2025

In die 100ste bestaansjaar van Afrikaans bied Kaalwoorde 'n digkuns kompetisie aan.

​

100 van die beste gedigte sal saamgevat word in 'n bloemlesing en daar sal ook wonderlike pryse te wen wees.

​

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 31 Mei 2025.

​

Kliek hier om in te skryf


Kompetisie Reëls

Kompetisie reëls

  • Die kompetisie is oop vir enige iemand, ongeag hulle ouderdom. 

  • Inskrywings moet ingedien word deur middel van 'n Google Form met die volgende skakel: https://forms.gle/VgTgfv4Chgx1ZLxs6

  • Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte, deur die deelnemer self geskryf, kan ingeskryf word.

  • GEEN KI (AI) / KI(AI)-gegenereerde werk mag ingeskryf word nie.

  • Alle inskrywings vir die kompetisie, mag slegs vir hierdie kompetisie gebruik word en mag nie vir enige ander kompetisie ingeskryf of gebruik word nie.

  • Deelnemers mag slegs nuwe en ongepubliseerde werk inskryf. Geen gedigte wat reeds in enige ander digbundels, sosiale media of blogs verskyn mag ingeskryf word nie.

  • Deelnemers se outeursreg moet aan die einde van die gedig of kortverhaal soos volg verklaar word: © Digter se Naam, 2025.

  • Enige werk wat reeds kopiereg of ander regte deur derde partye besit, mag nie ingeskryf word nie.

  • Daar is geen beperking op die hoeveelheid gedigte wat jy kan inskryf nie.

  • Gedigte wat kru taal, laster, vloekwoorde of enige Engelse woorde bevat, sal nie vir beoordeling oorweeg word nie.

  • Die inskrywingsfooi is R50 per gedig.

  • Gedigte mag nie meer as 24 versreëls wees nie.

  • Die inskrywingsgeld moet in die volgende rekening inbetaal word, met die digter/skrywer se naam en van as verwysing:

Kaalwoorde

FNB
Besigheidsrekening
Rekeningnommer: 631 427 67136
Takkode: 250 655

  • Stuur asseblief 'n bewys van betaling saam met jou inskrywing/s na info@kaalwoorde.co.za.

  • Daar is geen tema vir die gedigte nie.

​

  • Beoordeling:
    'n Onafhanklike paneel van beoordelaars sal die inskrywings beoordeel. Die besluit van die beoordelaars is finaal, en geen verdere korrespondensie of terugvoer sal gegee word nie. Geen gesprekvoering of kommentaar sal plaasvind nie.

  • Die beoordelaars behou die reg voor om, indien hulle meen daar is te min inskrywings of dat die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner in daardie afdeling aan te dui nie. 

 

  • Pryse:

Eerste plek: R3000 en 'n trofee
Tweede plek: R1 000 en 'n sertifikaat
Derde plek: 'n Sertifikaat

​

  • Die 100 beste gedigte, wat aan die beoordeelaars se standaarde voldoen, sal gepubliseer word in 'n bloemlesing.

  • Deur in te skryf, gee deelnemers toestemming aan Kaalwoorde en die uitgewers vir die uitsluitlike gebruik en publikasie van enige gedigte wat ingeskryf word.

 

  • Prysuitdeling:
    Die wenner aankondiging, asook die vrystelling van die bloemlesing, sal by 'n gala-aand in Pretoria plaasvind later die jaar 2025.

  • Die besonderhede van die gala-aand sal deurgans op sosiale media bekend gemaak word as 'n voorsmakie.

  • Die wenners sal ook op sosiale media aangekondig word.

  • Indien jy enige navrae het, stuur dit gerus na info@kaalwoorde.co.za.

  • Die kompetisie sluit 31 Mei 2025, en geen laat inskrywings sal aanvaar of oorweeg word nie.

Hoe moet my inskrywing lyk:

Inskrywing formaat

  • Gedigte moet in 'n Word-dokument vervat word, met 'n titel.

  • Teks / font: Arial op grootte: 11

  • Kleur: Swart teks op wit agtergrond

  • Spasiëring: Enkel

  • Laat asb leë lyne tussen die strofes.

  • Moenie elke versreël van 'n gedig met 'n hoofletter begin, tensy dit nie doelbewus so geskryf is nie.

  • Moet geen foto's of sketse aanheg nie.

  • Moet geen verduidelikings of stories indien saam met die gedig nie, net die gedig opsigself sal oorweeg word. 

  • Vervat slegs een gedig per Word-dokument. Indien jy meer as een gedig wil inskryf, moet die gedigte apart opgelaai word.

  • Elke inskrywing moet die digter se naam en van met die titel van die gedig bevat (bv. Antjie Krog: Bly my by), die dorp waar hy / sy woon asook die kontaknommer en e-pos adres van die digter moet duidelik aan die onderkant van elke inskrywing wees.

  • Deelnemers se name en adresse sal nie vir die beoordelaars of die publiek sigbaar wees nie.

  • Alle beoordeling sal anoniem wees.

  • Alle ingeskrewe gedigte moet opgelaai word op die volgende Google Form: 

Word 'n Kaalwoorde lid

Dankie dat jy aangeteken het!

  • Facebook
  • Instagram

©2021 by kaalwoorde.

bottom of page