top of page

Kaalwoorde
Digkuns Kompetisie 2025

In die 100ste bestaansjaar van Afrikaans bied Kaalwoorde 'n digkuns kompetisie aan.

100 van die beste gedigte sal saamgevat word in 'n bloemlesing en daar sal ook wonderlike pryse te wen wees.

Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Julie 2025.

Hoe moet my inskrywing lyk:

Inskrywing formaat

  • Gedigte moet in 'n Word-dokument vervat word, met 'n titel.

  • Teks / font: Arial op grootte: 11

  • Kleur: Swart teks op wit agtergrond

  • Spasiëring: Enkel

  • Laat asb leë lyne tussen die strofes.

  • Moenie elke versreël van 'n gedig met 'n hoofletter begin, tensy dit nie doelbewus so geskryf is nie.

  • Moet geen foto's of sketse aanheg nie.

  • Moet geen verduidelikings of stories indien saam met die gedig nie, net die gedig opsigself sal oorweeg word. 

  • Vervat slegs een gedig per Word-dokument. Indien jy meer as een gedig wil inskryf, moet die gedigte apart opgelaai word.

  • Elke inskrywing moet die digter se naam en van met die titel van die gedig bevat (bv. Antjie Krog: Bly my by), die dorp waar hy / sy woon asook die kontaknommer en e-pos adres van die digter moet duidelik aan die onderkant van elke inskrywing wees.

  • Deelnemers se name en adresse sal nie vir die beoordelaars of die publiek sigbaar wees nie.

  • Alle beoordeling sal anoniem wees.


Kompetisie Reëls

Kompetisie reëls

  • Die kompetisie is oop vir enige iemand, ongeag hulle ouderdom. 

  • Inskrywings moet ingedien word deur middel van die inskrywingsvorm hieronder op die webblad te voltooi, of deur 'n Google Form met die volgende skakel in te vul: https://forms.gle/VgTgfv4Chgx1ZLxs6, of deur 'n e-pos te stuur na: info@kaalwoorde.co.za

  • Slegs oorspronklike Afrikaanse gedigte, deur die deelnemer self geskryf, kan ingeskryf word.

  • GEEN KI (AI) / KI(AI)-gegenereerde werk mag ingeskryf word nie.

  • Alle inskrywings vir die kompetisie, mag slegs vir hierdie kompetisie gebruik word en mag nie vir enige ander kompetisie ingeskryf of gebruik word nie.

  • Deelnemers mag slegs nuwe en ongepubliseerde werk inskryf. Geen gedigte wat reeds in enige ander digbundels, sosiale media of blogs verskyn mag ingeskryf word nie.

  • Deelnemers se outeursreg moet aan die einde van die gedig of kortverhaal soos volg verklaar word: © Digter se Naam, 2025.

  • Enige werk wat reeds kopiereg of ander regte deur derde partye besit, mag nie ingeskryf word nie.

  • Daar is geen beperking op die hoeveelheid gedigte wat jy kan inskryf nie.

  • Gedigte wat kru taal, laster, vloekwoorde of enige Engelse woorde bevat, sal nie vir beoordeling oorweeg word nie.

  • Die inskrywingsfooi is R50 per gedig.

  • Gedigte mag nie meer as 24 versreëls wees nie.

  • Die inskrywingsgeld moet of deur die webtuiste deur middel van kaart betaling, of in die volgende rekening inbetaal word, met die digter/skrywer se naam en van as verwysing:

Kaalwoorde

FNB
Besigheidsrekening
Rekeningnommer: 631 427 67136
Takkode: 250 655

  • Stuur asseblief 'n bewys van betaling saam met jou inskrywing/s na info@kaalwoorde.co.za indien jy die EFT opsie verkies.

  • Daar is geen tema vir die gedigte nie.

  • Beoordeling:
    'n Onafhanklike paneel van beoordelaars sal die inskrywings beoordeel. Die besluit van die beoordelaars is finaal, en geen verdere korrespondensie of terugvoer sal gegee word nie. Geen gesprekvoering of kommentaar sal plaasvind nie.

  • Die beoordelaars behou die reg voor om, indien hulle meen daar is te min inskrywings of dat die standaard nie hoog genoeg is nie, geen wenner in daardie afdeling aan te dui nie. 

 

  • Pryse:

Eerste plek: R3000 en 'n trofee
Tweede plek: R1 000 en 'n sertifikaat
Derde plek: 'n Sertifikaat

  • Die 100 beste gedigte, wat aan die beoordeelaars se standaarde voldoen, sal gepubliseer word in 'n bloemlesing.

  • Deur in te skryf, gee deelnemers toestemming aan Kaalwoorde en die uitgewers vir die uitsluitlike gebruik en publikasie van enige gedigte wat ingeskryf word.

 

  • Prysuitdeling:
    Die wenner aankondiging, asook die vrystelling van die bloemlesing, sal by 'n gala-aand in Pretoria plaasvind later die jaar 2025.

  • Die besonderhede van die gala-aand sal deurgans op sosiale media bekend gemaak word as 'n voorsmakie.

  • Die wenners sal ook op sosiale media aangekondig word.

  • Indien jy enige navrae het, stuur dit gerus na info@kaalwoorde.co.za.

  • Die kompetisie sluit 15 Julie 2025, en geen laat inskrywings sal aanvaar of oorweeg word nie.

Inskrywingsvorm

Is jy 18 jaar of ouer?
Ja
Nee
Onderneem jy of jou ouer / voog hiermee dat elke gedig wat ingeskryf word oorspronklik is, en dat daar geen kopiereg daaraan verbonde is nie?
Ja
Nee
Stem jy hiermee in dat elke gedig wat ingeskryf word oorweeg sal word vir 'n bloemlesing, en dat jy geen inkomste of regte sal hê tot die opbrengs of andersins van die bloemlesing, indien die gedig(te) opgeneem word in die bloemlesing nie?
Ja
Nee
Vrywaar jy as deelnemer aan hierdie kompetisie en/of jou ouers/voogde vrywaar aanbieders van die kompetisie van enige eise of ongeopenbaarde aansprake van enige aard wat mag ontstaan uit die deelname?
Ja
Nee
Stem jy in dat jou data gedeel kan word met ons media vennote en borge om hulle produkte en dienste aan jou te bemark op 'n latere stadium?
Ja
Nee

Laai hier jou gedigte op

Let wel

  • Formaat: Word-formaat, Arial 11, swart teks op wit agtergrond (geen videos, foto's of verduidelikings nie), enkel spasiëring met leë lyne tussen strofes

  • Geen voorheen gepubliseerde werk mag ingeskryf word nie en dit moet jou eie werk wees

  • Vervat slegs een gedig per Word-dokument.

  • Elke gedig moet die digter se naam en van met die titel, die dorp se naam waar die digter woon, asook die kontaknommer en e-pos adres van die digter insluit - sal nie met publiek/beoordeelaars gedeel word nie

Betaling van inskrywingsfooi

Betaal hier jou inskrywingsfooi
Per gedigZAR50

Die inskrywingsfooi is R50 per gedig.

Word 'n Kaalwoorde lid

Dankie dat jy aangeteken het!

  • Facebook
  • Instagram

©2021 by kaalwoorde.

bottom of page