Aanlyn Skryf Werkswinkel: Maanskyn en Rose
Do. 02 Feb.
|Aanlyn Werkswinkel
Kom skryf saam in die gemak van jou eie huis by die tweede Kaalwoorde Aanlyn Werkswinkel vir die jaar! Dis die maand van liefde, kom vind jou stem op papier en betower iemand of jouself!
Tyd en Plek
02 Feb. 2023 18:00 – 20:00 SAST
Aanlyn Werkswinkel
Meer oor die vertoning
Het jy stories en woorde wat binne jou leef en brand om vertel en geskryf te word? Wou jy nog altyd na 'n Kaalwoorde skryf werkswinkel toe kom maar dit was net té ver of té buite bereik? Kom skryf saam by die tweede Kaalwoorde skryf werkswinkel vir die jaar. In die werkswinkel skryf ons bietjie oor maanskyn, rose en die liefde. Liefde vir jouself, iemand spesiaal en sommer net die lewe. Kom skryf saam!
Datum: Donderdag, 2 Februarie 2023
Tyd: 18:00 - 20:00
Plek: Aanlyn
Prys: Jy kan dit bepaal
Enige ouderdom welkom!
Kaartjies
Kaartjie vir een
Pay what you want+Service feeSale ended
Total
RÂ 0,00