Tussen Holtediere is Ané Kotzé / Kaalwoorde se derde digbundel en is nou beskikbaar vir aankope.
Dit laat lesers die vraag afvra: Maar wat is 'n holtedier? Dis 'n jellievis.
Die bundel handel oor die drie fases van wanneer 'n holtedier gewaar word. Wanneer jy die holtedier eers raaksien, en jouself verkyk aan die mooi en magiese kreatuur, tot wanneer dit jou verstrengel en dan eventueel tot wanneer of jy of die holtedier uitspoel. Mense en die liefde werk ook so.
Die bundel bestaan uit 123 splinternuwe gedigte, versprei oor 112 bladsye, wat nie op Instagram of Facebook te siene is nie en hou ook 'n interaktiewe verrassing of twee vir die leser in.
Bestel nou jou kopie om teleurstelling te voorkom!
Tussen Holtediere
R230,00Price