top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png
Writer's picturekaalwoorde

#Reisjoernaal Inskrywing 8 - Al die veld is vrolik in Calvinia! @ Katryn's

Updated: Jul 8, 2022

Die son loer oor die Hantam Berge en vertoon ‘n duisend skakerings van rooibruin. Ek draai af in Calvinia en die wit stof gaan lê op die klein straatjies op pad na die gastehuis.


Ek was aangenaam verras met die klein dorpie Calvinia en nog meer met Katryn’s.


Toe die hek oopgaan toe voel dit of ons by familie kuier. Chantel en haar gesin het ons met ope arms verwelkom en ‘n lys van voorstelle gegee vir wat ons op die dorp kan doen. Ons is wel voorgesê dat ons ‘n paar maande vroeg is, want Calvinia blom behoorlik in Augustus, September en Oktober met die blom seisoen.


Katryn’s het ‘n hele paar selfsorg eenhede, stylvol en bedagsaam toegerus met alles wat mens kan nodig kry vir jou kuiertjie in Calvinia. ‘n Toegerusde kombuisie met ‘n stoof, sowel as ‘n en-suite sitkamer en wifi sorg vir verdere gemak. Die stoep is afgebaken om privaatheid te verseker en die eenheid loop uit op die pragtige tuin. Om nie eers te praat van hoe gemaklik die bed was nie!


Die volgende oggend word ons bederf met heerlike koffie en ‘n ongelooflike plaasontbyt (kompleet met ‘n ekstra bederf skilpadjies om ons te verwelkom in die Noord-Kaap). Chantel vertel hoe sy eens ‘n koffiewinkel op die dorp gehad het en hoe belangrik goeie koffie vir haar is terwyl sy die eetkamer vul met die aromas wat net ‘n opgeleide barrista sal kan baas raak. Daar klop ‘n plaaslike oom aan vir sy daaglikse boeretroos en knoop geselsies met ons aan. Die dorp en sy mense is voorwaar ‘n juweel.


Katryn’s is perfek vir jou kuiertjie in Calvinia! Maak seker om te bespreek en daar te stop tydens die blom seisoen!





9 views1 comment

1 Comment


Hopelik sien ons jou eendag in Nieuwoudtville in die blom seisoen! 😁

Like
bottom of page