top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png
Writer's picturekaalwoorde

Reisjoernaal Inskrywing #15 - ‘n Stukkie Bosveld in eMalahleni @ Klein Bosveld

Ons kom te laat weg uit Pretoria, maar die langpad en vooruitsig van deel 2 van die Kaalwoorde Toer lê voor. Ons eerste stop, eMalahleni of soos baie mense dit ken of onthou, Witbank.


Ons trek op by Klein Bosveld, en dit voel voorwaar soos ‘n stukkie bosveld in die middel van die stad. Ons word gewys na ons suite en word genooi vir ‘n drie-gang maaltyd vir aandete in die restaurant.


Daar is ‘n netbal toernooi op die dorp en mense het van heinde en verre gekom vir die naweek. Klein Bosveld huisves vyf netbalspanne van ‘n laerskool in Mpumalanga, en die gronde wemel van energie, geluk en opgewondenheid. Die energie is aansteeklik en selfs die onafhanklike gaste kuier heerlik voort in die restaurant, nadat die dogters vroeg gaan inkruip het vir die toernooi wat vroegoggend afskop.


Aandete word bedien en dit voel voorwaar soos huis. ‘n Bord smaaklike boerekos word voorgesit en ons smul van die lekkerte. Klein Bosveld spog voorwaar met vier-ster gehalte onthaal.


Die suites is modern, met sagte wit beddegoed, ‘n privaat stoepie en ‘n koffiestasie vir vroegoggend boeretroos voor die dag begin. Die eenhede is ongelooflik skoon en die badkamer het beide ‘n stort en ‘n bad gehad. Alhoewel daar ongeveer 50 dogtertjies op die perseel was, kon mens hulle glad nie hoor nie. Die privaatheid en saligheid van elke eenheid was wel deurdink en sorg vir optimale gemak.


Vroegoggend staan ons op en maak reg vir die eerste werkswinkel van die toer. Ons word weereens bederf met ‘n wonderlike ontbyt met alles van spek en eiers tot worsies en gebraaide tamaties. Vir diegene wat meer hou van koue ontbyt opsies is daar vars vrugte, jogurt en roosterbrood met konfyt beskikbaar asook verskeie graanvlokkies om van te kies. Knuppeldik en baie tevrede groet ons die vriendelike personeel van Klein Bosveld en wens in ons agterkoppe ons het vir meer as net een aand daar tuis gegaan.


Indien jy ooit verblyf opsies in Witbank / eMalahleni benodig, bederf jouself met Klein Bosveld. Hulle gasvryheid en bestemming is beslis 10/10 in my boekies.


Bespreek hier:




17 views0 comments

Comments


bottom of page