top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png
Writer's picturekaalwoorde

#Reisjoernaal Inskrywing 6 - Anderkant die berg @ Dwarsberg Trout Hideaway

Updated: Jul 8, 2022

Op ‘n pragtige grondpad teenaan die berg, met die rivier onder vol forrel en natuurskoon, ry mens na die Dwarsberg Trout Hideaway toe. Eweskielik aan die voetenent van die berg, langs die stroom maak jy kennis met die pragtige groen grasperke en akkerbome wat hierdie pragtige plek bedek.


Ons word verwelkom deur ‘n baie vriendelike ontvangsdame, Rözalie, wat ons verwys na die kothuis waar ons sal tuisgaan. Langs die klein visdammetjie met die mooiste koi visse, steek die kothuis kop uit kompleet met ‘n houtaangedrewe jacuzzi en ‘n lieflike stoep en braai area. Die kothuis is die perfekte mengsel van antiek en sjiek, met ‘n ten volle toegerusde kombuis, ‘n slaapkamer met ‘n dubbelbed en twee enkelbedjies. Die eenheid spog ook met ‘n binne-braai area wat ook die winter koue ten volle kan uithou.


Die volgende oggend word ons verwelkom met ‘n smaaklike ontbyt en van die lekkerste koffie! Ons word aangesê om die middag weer by die kantoor ‘n draai te maak, en word toe verras met ‘n lieflike piekniek op die groot grasperk langs die rivier. Die kos was voortreflik en die sjampanje, ‘n goeie plaaslike keuse. Soos ons op stap om ‘n laatmiddag koek en tee by die Dwarsberg restaurant te geniet, gons die gaste en die personeel van opgewondenheid oor die troue van die naweek. Die bruid en bruidegom geniet ‘n lekker wyntjie terwyl hulle logistiek gesels oor die gaste wat op die perseel tuis gaan. Blykbaar het die tweetjies hulle eerste kamp naweek hier saam met ‘n klomp vriende gehad toe hulle mekaar se oë gevang het, en nou trou hulle ook net hier!


Dwarsberg Trout Hideaway is beslis een van die hoogtepunte van die toer. Die perfekte plek om te ontsnap van die stad se geraas en om rus en vrede vir die siel te vind. Ek het die voorreg gehad om my ma saam te neem na hierdie wonderlike plek toe, en sy beplan reeds om ‘n bussie vol vriendinne saam te nooi om hierdie stukkie hemel saam met haar te gaan beleef.


Kontak Dwarsberg Trout Hideaway gerus vir enige wegbreke, kamp naweke of vir jou troue of ‘n spesiale geleentheid! Jy sal nie spyt wees nie.


Bespreek hier:





19 views0 comments

留言


bottom of page