top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png

#Reisjoernaal Inskrywing 1 - Ek dink feetjies bly in Clarens @ Clarens Meander Stay

Updated: Jul 8, 2022

Sodra mens inry by Clarens voel dit sommer asof mens iewers in ‘n fliek leef. Die klein winkeltjies, die bier brouery en gesinne wat oral rondstap. Paartjies hou hande vas en almal ondersteun mekaar. Geen kettingwinkels nie, net ‘n gemeenskap wat mekaar ondersteun.


So kruis ek paaie met Madeleine en haar gesin wat onlangs van die Kaap af Clarens toe getrek het. Hulle gastehuis, Clarens Meander Stay, is aan die voetenent van die berg en stap paadjies en dit voel kompleet asof daar feetjies tussen die bome leef.


Clarens Meander Stay het twee kothuise wat vier mense met gemak kan laat tuisgaan. Hierdie kothuise is perfek vir gesinne, vriendegroepe of paartjies en is in die middel van die dorp, maar aan die onderkant van die berg wat rus en vrede verseker maar stapafstand is van restaurante en winkels.


Elke eenheid het ‘n volledige kombuis en ‘n vuurherd vir die koue winter maande en die een eenheid spog met ‘n lieflike stoep wat uitkyk oor die berg en die mooi tuin. Die detail in elke eenheid is stylvol uiteengesit en jy dink nog dat jy iets gaan benodig en die eenheid het dit.


Madeleine is een van die gaafste en liefdevolste mense wat ek in ‘n lang tyd teëgekom het. Haar omgee en liefde vir ander straal in haar gastehuis.


Ek het baie lekker geskryf op jou stoep, Madeleine! Dankie vir die inspirasie, die gasvryheid en jou omgee!

Bespreek gerus jou naweek weg by Clarens Meander Stay! Jy sal nie spyt wees nie!





Foto’s deur Liani Louw (Instagram: @alouwdown)





73 views0 comments

Comments


bottom of page