top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png
Writer's picturekaalwoorde

#Reisjoernaal Inskrywing 10 - Die hart in die berg @ Tulbagh Mountain Manor

Die mooie Tulbagh is 'n moet besoek op die platteland in die Wes-Kaap, veral vir diegene wat mal is oor wyn proe! Hierdie dorp wat omring is deur berge en mense met goeie harte laat mens omtrent voel asof jy in 'n fliek lewe.


Net so glo ek dat my besoek aan Tulbagh Mountain Manor in die sterre uitgelê is. Asof ek hier moes opeindig om hierdie ongelooflike mense te ontmoet en nuwe inspirasie te kry vir bundel twee, Verlatenkloof.


Ons ry deur vrugteboorde na die uithoeke van die Winterhoek Berge, net om hierdie ongelooflike Manor huis te vind aan die einde van die Tulbagh Vallei. Ons word vriendelik gegroet en na ons kamers gewys en toe ons die eienaares, Mirna Rabe, ontmoet het dit omtrent gevoel asof ons mekaar al jare lank ken. Ons gesels dadelik 'n hond uit 'n bos uit en word toe aangejaag om ten minste twee plase se wynproe te haal voor hulle toemaak 16:00 (dit was 15:00). Ons was beslis nie spyt nie! Krone en Saronsberg is 'n moet besoek wanneer jy die Tulbagh wynroete doen!


Tulbagh Mountain Manor is naby genoeg aan die dorp, maar ook ver genoeg om die stilte en vrede in jouself te vind. Elke eenheid is stylvol aanmekaar gesit en dit is duidelik dat hierdie gasteplaas bedagsaam is en aan al jou behoeftes en begeertes weg van die huis dink en voorsien.


Tulbagh Mountain Manor spog met 5 verskillende verblyf opsies: 3 Manor Huis suites (waarvan 2 hulle eie ingang het) en twee selfsorg kothuise, Lavender en Rose. Lavender is ideaal vir 'n romantiese wegbreek, en kyk uit oor die Vallei soos 'n boomhuis en Rose is perfek vir 'n gesinsvakansie met slaapplek vir 6. Daar is braai geriewe en maak seker om jou verblyf met die ontbyt opsie te bespreek. Jy sal nie spyt wees nie!


As jy nog gewonder het waar om tuis te gaan, moenie twee keer dink nie. Tulbagh Mountain Manor is die plek om te wees.


Bespreek jou verblyf hier:


Wynplase in die omgewing en op die Tulbagh Wynroete (in geen spesifieke volgorde nie):
  1. Twee Jonge Gezellen / Krone

  2. Saronsberg

  3. Montpellier

  4. Theuniskraal

  5. Waverley Hills

  6. Diggers Home

  7. Blue Crane Vineyards

  8. Lemberg

  9. Tulbagh Winery

  10. Manley Wine Estate

  11. Oude Compagnies Post

  12. Rijk's Cellar




7 views0 comments

Comments


bottom of page