top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png

#Reisjoernaal Inskrywing 11 - Kamp in Styl! @ Lions Rock Rapids

Is jy moeg vir in ‘n gewone tent of karavaan kamp? Is jy moeg vir dieselfde mense by dieselfde staanplek? Beïndruk selfs jou anti-kamp vriende en familie met ‘n wegbreek by Lions Rock Rapids in Hazyview!


Lions Rock Rapids is geleë langs die Sabie Rivier en met ‘n sandbank reg langs die rivier kan mens jouself omtrent verbeel dat jy tóg by die Mpumalanga see tuisgaan (Ideaal vir as mens nie kan besluit tussen ‘n see of ‘n bos-vakansie nie)


Ek het die voorreg gehad om in een van Lions Rock Rapids se tentkampe te kuier en wat ‘n belewenis was dit nie! Ek is ‘n oud-Voortrekker en is mal oor kamp, maar as mens kan regop staan in jou tent, gemaklik kan slaap en die temperatuur kan verander, dan is dit beslis ‘n wen!


Lions Rock Rapids se luukse tentkamp eenhede spog met hul eie lugversorging, eie stoepie, oorgenoeg spasie, ‘n luukse en gemaklike bed, jou eie badkamer, en ‘n ketel en koffie stasie vir daai vroegoggend voël kyk sessie. Van jou tent af is dit ‘n kort stappie af tot teenaan die rivier waar die kuier area en kroeg jou met gemaklike banke en stoele lok om uit te kyk oor die rivier. As jy bespreek by die luukse tentkamp eenhede is jou ontbyt en aandete ingesluit, en hierdie is voorwaar iets om oor huis toe te skryf! Met ontbyt word jy voorsien van ‘n spyskaart met die heerlikste warm ontbyt opsies om van te kies en keur wat spesiaal voorberei word, en indien jy meer hou van graanvlokkies, jogurt en vrugte, is dit ook beskikbaar by ‘n selfbedieningsstasie met heerlike vrugtesappe, koffie en tee om van te kies. Aandete word voorberei gebaseer op jou vereistes, met ‘n voorgereg, hoofgereg en nagereg wat jou soos ‘n koninklike laat voel.


Na ete vind jy jou pad tot by die groot vreugdevuur waar die kampstoele reeds vir jou opgeslaan is, en jy lekker met jou mense of ander kan kuier.


Ingeval kamp nie vir jou is nie, is die lodge ook op die perseel en is daar selfs romantiese wegbreek opsies vir paartjies wat ‘n privaat swembad by elke eenheid insluit.


Lions Rock Rapids is ongeveer 20km weg van die Phabeni hek van die Kruger Nasionale Park en hulle is ook baie naby aan die plaaslike vierwielmotorfiets baan, riviervlotvaart, Panorama roete en soveel meer. Met al hierdie dinge om te doen kan jy oud en jonk met gemak besig hou EN die rus en vrede kry wat jy verdien!


Daar is ook ‘n spesiale aanbod vir Kaalwoorde lesers ten opsigte van die luukse tentkamp eenhede waar jy teen ‘n spesiale prys van slegs R995 pp per nag, wat ontbyt en ‘n drie-gang maaltyd insluit, kan bespreek tot en met einde Augustus 2022. Hierdie promosie is onderhewig aan beskikbaarheid en jy kan gerus jou droom vakansie bespreek per Whatsapp op: +27 79 851 1117 of stuur ‘n e-pos na admin@lionsrockrapids.com met die promosie kode “Kaalwoorde” om jou spesiale prys te verseker!


Vir meer inligting besoek Lions Rock Rapids se webtuiste by: https://lionsrockrapids.com







54 views0 comments
bottom of page