Aan die bo-kant van die Montagu Pas, ongeveer 20 kilometer vanaf George en Oudtshoorn lê die klein pikante dorpie van Herold. ‘n Kunstenaars droom met inspirasie wat tussen die berge floreer en blykbaar ook die huis van talle skrywers wegbreke.
Over the Mountain is ‘n gasteplaas wat ‘n deel van die geskiedkundige dorpie behou met hulle unieke akkommodasie opsies. Die ou Polisiekantoor op die dorp is nou Over the Mountain se ontvangs area, wat ook ‘n ontbytsaal en eetsaal insluit. Die oorspronklike houtvloere, deure en vensters is gerestoureer en het behoue gebly in hierdie outentieke spasie.
Die ou Poskantoor was ook gerestoureer en maak nou deel uit van 4 unieke eenhede met privaat badkamers, elk met hul eie ingang, Oregon pine dakke en vloere, en eertydse swarthout meubels met moderne afwerkings.
Daar is ook ‘n gemeenskaplike kombuis beskikbaar wat ‘n semi-selfsorg opsie makliker maak. Die kombuis is toegerus met ‘n mikrogolf oond, opwas fasiliteite, asook die nodige eetgerei wat mens sal benodig tydens jou besoek.
Op die perseel kan jy ook vir groter groepe, gesinne of vriendekringe plek bespreek in die House of Grace (slaap 6) wat gebou is uit die eertydse modder en klip wat gebruik is in die konstruksie van die oorspronklike dorp. Hierdie eenheid is stylvol oorgedoen en bevat al die moderne benodighede wat jy na sal verlang in hedendaagse tye. Die eenheid is bietjie hoër op en sorg vir ‘n ongelooflike uitsig oor die Outeniekwa berge en vir die beste sonsondergange. Daar is ook die Welsch Huis (slaap 4) beskikbaar wat ook sorg vir ‘n ongelooflike uitsig en uitrus sessie.
Ek het ongelooflik lekker gekuier by Over the Mountain! Hulle sien my beslis gou weer!
Gaan maak gerus ‘n draai in Herold en by Over the Mountain!
Bespreek jou plek hier: http://www.overthemountain.co.za
Comments