top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png
Writer's picturekaalwoorde

#Reisjoernaal Inskrywing 14 - Dis MOS nou lekker! @ Authentic Mossel Bay

Of jy nou jou Desember vakansies of jou aftrede daar geniet, Mosselbaai is beslis 'n gunsteling wanneer dit kom by vakansies langs die kus en die tuinroete. Vir diegene wat nie 'n vakansiehuis daar het nie, is 'n eenheid met 'n see uitsig, ten volle toegerusde kombuis, braai en stoep so skaars soos hoendertande.


Ek het wel so eenheid opgespoor en het die geleentheid gehad om vir 'n week daar tuis te gaan terwyl ek werkswinkels in die omgewing aangebied het, en gewag het vir Verlatenkloof om van die drukkers af te kom.


Mosselbaai het blykbaar die beste weer in die land, 'n lafenis as mens op toer is en van koud na warm en wind en weer reis. Ek sit op die stoep en kyk na die baai. Ek proe die sout en ek trek my joernaal nader. Mens kan nie anders as om te skryf wanneer jy in so mooi plek bly nie.


Authentic Mossel Bay is 'n erfenishuis wat gerestoureer is en het sy eie parkering, ingang en kombuis. Daar is twee slaapkamers, een met 'n dubbelbed en een met twee enkelbeddens asook 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Die kombuis is ten volle toegerus en daar is 'n sitkamer met DSTV en wifi geriewe asook 'n lekker buite sitkamer op die stoep waar jy gemaklik kan sit en uitkyk oor die see.


Die eienaares, Engela, het ook uit haar pad uit gegaan om te dink aan die klein dingetjies. Alles wat jy dalk sou nodig hê is reeds ingesluit en maklik bekombaar. Ons was ook verwelkom met 'n bottel wyn van die plaaslike Jakkalsvlei, vrugte, koeldrank en 'n welkom briefie wat mens net nog meer tuis en welkom laat voel. Die eenheid was ook silwerskoon. Wat 'n eer en 'n voorreg om hier tuis te gaan!


Ek beveel Authentic Mosselbaai 100% aan vir enige gesinsvakansie, vriende wegbreek of selfs weg-werk geleenthede in Mosselbaai.


Bespreek nou jou plek by: https://www.booking.com/Share-YGKVHAD



28 views0 comments

Comments


bottom of page