top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png

#Reisjoernaal Inskrywing 5 -Stilte in die Karoo @ Eco Karoo Lodge

Updated: Jul 8, 2022


Alhoewel die paaie na Luckhof nie die beste is nie (dankie regering), is die bestemming wat op ‘n mens wag elke kilometer die moeite werd. Ek vind myself in ‘n 360 grade Karoo stilte wat strek oor ‘n 4200 hektaar plaas. Eweskielik is die wêreld se gejaag opsy geskuif, en kan ek weer asemhaal.


Ek dink Eco Karoo Lodge is een van die mooiste plekke wat ek al besoek het. Elke eenheid en die gemeenskaplike areas is met soveel detail en finesse aanmekaar gesit dat mens van vooraf verlief raak op die Karoo in al sy elemente. Die eenhede is stylvol toegerus met twee slaapkamers, ‘n stoep, asook ‘n binne en ‘n buite stort. Daar is ook ‘n gemeenskaplike kombuis wat ten volle toegerus is, ‘n braai area wat uitkyk oor die vlaktes en ‘n buite sitkamer wat uitloop op die stoep en die swembad met ‘n langtafel perfek vir etes of bordspeletjies.


Eco Karoo het ook twee pragtige staproetes om van te kies sowel as wildsritte. Eco Karoo is voorwaar die perfekte wegbreek vir ‘n familie, vriendekring of ‘n paartjie wat wil wegkom van alles en almal. Eco Karoo is ook diere-vriendelik so Wagter kan saamgaan!


Ek sal verseker weer ‘n draai maak by Eco Karoo! Volgende keer vat ek die gevolg saam!

Bespreek jou plek hier:




42 views0 comments
bottom of page