In die middel van die Rocklands, in die Cederberge en in die Agter-Pakhuis Vallei vind mens die De Pakhuys plaas. De Pakhuys is perfek vir kamp, glamp of self-sorg en ‘n moét besoek in die Cederberge.
Of jy nou op pad is na die Wupperthal en of jy net bloot ‘n naweek weg soek vanaf die Kaap, bederf jouself met ‘n naweek by De Pakhuys.
Perfek ingerig vir gesinne, vriendekringe of selfs ‘n romantiese wegbreek. Die eenheid waar ek tuis gegaan het was goed ingerig, skoon en het ‘n uitsig wat skrik vir niks. De Pakhuys is ook eko-vriendelik en herwin alle afvalmateriaal wat op die plaas aangetref word, en gebruik ou kosse ens vir kompos. Jy word versoek om jou eie vullis ook weg te neem wat net weereens wys hoe ingesteld De Pakhuys is op die omgewing.
Jy kan gaan stap, fietsry of die Rocklands gaan verken.
Clanwilliam is ook die huis van rooibostee! Maak gerus ‘n draai by House of Rooibos vir ‘n opvoedkundige film oor die rooibos industrie en om verskeie geure en kleure rooibos tee te proe en jou gunsteling saam te neem huis toe. Mens kan ook nie verby die Padstal ry sonder om te stop vir ‘n lekker tradisionele middagete nie.
Clanwilliam, sien jou gou weer!
Bespreek nou by De Pakhuys:
Comments