top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png

#Reisjoernaal Inskrywing 2 -Rooskleurige Rosendal @ The Rosendal Country Retreat

Updated: Jul 8, 2022

Toe ek inry by Rosendal, Vrystaat het ek geweet ek gaan ‘n paar bundels hier klaar skryf. Ek het dadelik tuis gevoel in die niks. Daar is iets magies aan Rosendal, en ek dink net mense wat al daar was sal verstaan.


My verblyf in Rosendal was by die Rosendal Country Retreat. Toe ek my tas na die kothuis toe dra, dans die son deur die blare in die tuin. Inspirasie het my oorval, en dis nie moeilik met so ‘n pragtige stylvolle Retreat nie.


Die kleurskema pas perfek by Rosendal en die kamers is hiper modern en stylvol uitgelê. Dit voel asof mens in ‘n tydskrif instap as jy die deur oopmaak. Die reuk van vars plaas brood verwelkom jou met konfyt en botter - dit voel skoon soos ‘n tuiskoms!


Die kombuis is perfek toegerus vir selfsorg, met ‘n yskas, stoof en al die nodige toebehore. Die badkamer spog met ‘n bad en ‘n stort, perfek vir ‘n glas wyn en ‘n kerslig borrelbad. Daar is ook stapelbedjies vir kinders wat dit die perfekte gesinswegbreek maak. Om nie te praat van die steenkool jacuzzi wat uitkyk oor die vlei wat perfek is vir paartjies of ‘n “girls weekend” nie.


Daar is ‘n paar staproetes om van te kies en keur en die Retreat is ook reg langs ‘n koffiewinkel, Glas, wie se koffie jy moét proe.


Die geriewe is wonderlik en die stilte sorg dat mens volkome uitgerus en lus vir die lewe terugkom! Maak seker jy bespreek jou plek nou. Hier is die skakel: https://www.therosendal.co.za

Ns. Daar is later die jaar ‘n skrywers wegbreek naweek by The Rosendal Country Retreat… hou die blad dop vir meer inligting!




60 views0 comments

Comments


bottom of page