top of page
Kaalwoorde Reisjoernaal.png
Writer's picturekaalwoorde

#Reisjoernaal Inskrywing 3 -Wat is op in Upington? @ Cana Lodge, Upington

Updated: Jul 8, 2022

Op pad na die Augrabies het ons vir een nag tuigegaan by Cana Lodge in Upington. Ons is verwelkom deur tannie Ria, die eienares van die Lodge wat ons deur die lodge gevat het en gretig wou weet hoe dit met die toer gaan. Tannie Ria het oulike voorstelle gemaak vir aandete en dinge om te doen in die omgewing. Sy het ook vir ons ‘n wonderlike, skoon eenheid gegee om in tuis te gaan.


Die eenheid was toegerus met ‘n koffie stasie, ‘n yskas, ‘n loft area, ‘n tv en ‘n badkamer met ‘n bad en ‘n stort. Die eenheid was baie netjies met alles op sy plek en was silwerskoon. Die beddegoed het soos huis geruik en dit was ook ongelooflik rustig, al is dit teen die hoofpad.


Cana Lodge is baie goed geleë en naby aan al die besienswaardighede wat Upington het om mee te spog.


Die volgende oggend is ons verwelkom met ‘n smul lekker ontbyt wat beslis iets is om oor huis toe te skryf. Dit het gevoel asof alles in mens se mond smelt, en die koffie was heerlik! Ons is uitgerus en vol energie weg by Cana Lodge na die Augrabies toe.


Dankie tannie Ria vir tannie se wonderlike gasvryheid! Dit was lekker om tannie te ontmoet!


Gaan kuier vir tannie Ria en volg die skakel: http://www.canalodge.co.za

Foto’s deur Liani Louw / (Instagram: @alouwdown)




26 views0 comments

Comments


bottom of page